Gehoorapparaat

Gehoortoestel vir gebruik agter die oor

'n Gehoorapparaat of 'n gehoortoestel is 'n toestel wat diegene met doofheid beter help hoor. Voor die aankoms van die moderne toestelle, is 'n tregteragtige versterkingskegel, genaamd 'n oortrompet", gebruik.

Vandag is die mees algemene formaat 'n klein elektroniese toestel wat in die draer daarvan se oor inpas. Die eerste weergawe hiervan het 'n vierkantige batterypak gehad wat in die hempsak gedra was. Met behulp van 'n sinkbatterytjie geplaas binne in die apparaat, kon die apparaat versteek begin raak in die oor self.


Developed by StudentB